|||

ALS ICE BUCKET CHALLENGE

Eers het Rory vir Tiger vasgevat, die sangeres Susan Boyle het 'n paar note laat waai voor haar oomblik van waarheid en selfs Homer Simpson kon nie die uitdaging weerstaan nie. En met meer as 2.4 miljoen videos wat die rondte doen op Youtube, was dit net 'n kwessie van tyd voordat TRIOMF inspring!
Nadat dit "viral" status bereik het sowat twee maande gelede, het die aktiwiteit - waarin 'n persoon met yswater gegooi word om bewustheid van die ALS ("amyotrophic lateral sclerosis) siekte te bevorder - koue rillings deur die perseel gestuur toe dit Woensdag aangekondig was.

Maar met 'n gees vir advontuur en fokus, het die TRIOMF span met hul handdoeke, hulle plekke ingeneem onder die TRIOMF trok gegroet met werkers wat reggestaan het om die yskoue slae te lewer. Tipies, het TRIOMF dit meer interessant gemaak om Ureum in plek van ys in die water gegooi wat die temperatuur laat daal na tot minus twee grade Celcuis.

Voor in die lyn was Pieter Venter, Hoof Finansiele Beampte gevolg deur Besturende Direkteur Jannie Willemse en sy assistant, Nadia de Klerk. Natuurlik was daar nie veel woorde op die spel nie, maar die drie het gou opgewarm met die grooter prentjie in sig.

"Ons is altyd reg vir uitdagings soos die "Ice Bucket Challenge" en dit is vir 'n goeie doel, so daar was geen twyfel oor ons deelname nie," het Willemse gesê. "Ek en Jannie het defnitief die las gedra. 'n Mens het geen idee hoe yskoud die water was nie en dit het gebrand, maar dit was groot pret," het de Klerk bygevoeg. Een deelnemer was nie oortuig nie, maar het uiteindelik saamgestem.

"Ek wou dit nie doen nie, jy het mos gesien ek het onder die trok weggekruip," het Felicity Thomas van Logistiek gelag.

TRIOMF het 'n donasie aan Joost van der Westhuizen se "J9 Foundation" gegee. Die voormalige Springbok skrumskakel wat aan "Motor Neuron" siekte ly, gee miljoene van sy medelyers hoop deur sy werk regoor die wêreld. Volgende op die lys is Suidwes Landbou, Obaro en Noble, wie binne 48-uur TRIOMF se uitdaging moet aanvaar!

ice bucket challenge