triomf global

|||

TRIOMF INTERNASIONAAL

TRIOMF is in ‘n bevoorregte posisie met beduidende en gesonde kommersiële ooreenkomste met ‘Agri’- invloedryke lande

AFRIKA

TRIOMF is in ‘n bevoorregte posisie met beduidende en gesonde kommersiële ooreenkomste met ‘Agri’- invloedryke lande waaronder die volgende lande val:

TRIOMF het reeds in baie van die bogenoemde lande begin met die oprigting van produksiefasiliteite en ook die ontginning van natuurlike hulpbronne. TRIOMF se visie vir Afrika, in die lig van voedselvoorsiening, strek veel verder as Suid-Afrika en die leidende SAOG-lande regdeur tot in Noord-Afrika en selfs die Midde-Ooste.

Hou oor knoppies en klik vir meer inligting.

 

INTERNASIONAAL

TRIOMF het ‘n wêreldwye omvang, o beide verspreidngs- en aanskaffings fronte met interassante vooruitsigte van buitelandse roduksie in die nabye toekms. Die voltoiing van die eerste-van-sy-soort kunsmisfabriek in Boma, DRK word gemerk as ‘n enorme mylpaal vir die TRIOMF groep. Die onderstaande grafiese beeld illustreer ons wêreldwye atiwiteite. Hou hierdie spasie dop vir inlgting oor TRIOMF se internasionale status.

Hou oor knoppies en klik vir meer inligting.

 

TRIOMF DRK

Meet reeds gevestigde wortels in ‘n aantal Afrika-lande, het TRIOMF DRC – ‘n volle filiaal van TRIOMF SA – die vryval in onbekende terrain van die DRK met ope arms aangevat. Dit het opwindende bande as ‘n landboureus vasgemaak en verseker dat TRIOMF voortsit om struikelblokke te oorkom en grense te oorskry regoor die Afrika-kontinent, met die verwagtinge op die hoogste vlak in die kunsmisbedryf, gestel.

Die eerste-van-sy-soort kunsmis vervaardiging en verspreidingsfasiliteit in Sentraal-Afrika is gereed vir beigheid. Die nuwe fasliteit in die hawe van Boma op die Kongo-rivier is nou die tuiste van ‘n hoogs tegnologiese kunsmis produksie-aanleg. Hierdie aanleg stel die beste van TRIOMF se kunsmisrodukte aan die boere van die DRK beskikbaar en voorsien rou materiale vir internasionale uitvoere.

Hierdie 90 miljoen dollar projek het in Augustus 2013 afgesop met onderhandelinge tussen TRIOMF SA en die DRK-regering. Hierdie werf is nou die tuiste van ‘n 18 000m2 fabriek, met ‘n 80 000 ton kapasiteit. Die fabriek sal kunsmis produseer met behulp van ultra-moderne toerusting en tegnologie.

Die konstruksie span het ‘n paar struikelblokke gehad wat hul in die gesig gestaar het tydens die bouproses. Hierdie struikelblokke het ‘n vloed ingesluit wat die hele werf oorspoel het. Te danke aan die kundigheid van die span, het die fabriek geheel en al droog gebly as gevolg van die feit dat die fabriek-gebou 300mm bo die vloed vlak gebou is, ter voorbereiding van sodanige komplikasies.

Mieliemeel, meel en kunsmis is reeds by die fabriek afgelwer en besigheid het begin. Dit dra by tot die visie van TRIOMF om die grootste naam in die kunsmisbedryf in die DRK te word.

Lees meer oor hierdie projek op triomfrdc.com

IN HIERDIE AFDELING