Triomf SA Home page about us

|||

Oor Triomf

At TRIOMF, we source, import, manufacture, blend and distribute premium quality fertilizer and other agricultural products

MAATSKAPPY PROFIEL

TRIOMF spesialiseer in die invoer, vervaardiging, vermenging en verspreiding van landbouprodukte.

Ons is trots op die TRIOMF handelsmerk se eg Suid-Afrikaanse erfenis, met ‘n groeiende internasionale teenwoordigheid in die landbousektor. Plaaslik streef TRIOMF daarna om altyd hul huishoudelike status te behou. Met vele geslagte se vertroue, bly TRIOMF steeds die voorkeur keuse van die top-prestasie kunsmisprodukte en verskaf waardevolle ‘Agri’ dienste en kundigheid.

Die hartklop van TRIOMF is geleë in Potchefstroom Noordwes, Suid-Afrika waar hulle aan die voorpunt van produk-innovasie is. Die TRIOMF hoofkantoor bestaan uit ‘n 180 000m2 produksiefailiteit, waar ‘n san van kundige ingenieurs en ontwikkelaars wat die beste in plantvoeding en grond bevorderingstoedienings formuleer.

 

VISIE

TRIOMF beoog om wyd erken te word as ‘n professionele en progressiewe internasionale maatskappy met ‘m prominente teenwoordigheid in die landbou en kunsmisbedryf. TRIOMD dra by tot ekonomiese groei, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook beide ontwikkelende en ontwikkelde lande in Afrika.

TRIOMF streef om:

  • ‘n Belangrike rol te speel in die soeke na internasionale voedselsekerheid
  • Innoverende produkte te skep
  • Die nuutste tegniese dienste te verskaf
  • ‘n Oorvloed van werksgeleenthede te bied

Sakevennote kliënte, verskaffers, aandeelhouers en personeel sal almal baat vind by die gebruik van toepaslike infrastruktuur en die handhawing van hoë etiese standaarde met ‘n verbintenis tot sosiale toepaslikheid.

 

MISIE

TRIOMF beplan om ‘n sleutelseler in die Suid-Afrikaanse en internasionale kunsmis sektore te wees, met hierdie doelwitte in plek:

  • Sterk ondersteuning
  • Lae vervaardigingskoste
  • Doeltreffende stelsels
  • Velige mededingendheid
  • Winsgewendheid
  • Hoë kwaliteit produkte

 

TRIOMF SPAN

TRIOMF bied persoonlike, kundige advies spesifiek vir die behoeftes en vereistes van die produsent. Die TRIOMF span bestaan uit nasionale agente en landboukundiges, en bied ‘n verskeidenheid dienste wat wissel van kartering tot grond en oes analise vir persoonlike formulerings en aanbevelings.

TRIOMF Kunsmis is 'n trotse lid van

fertasa