Triomf SA Liquid fertilizer cover image

|||

VLOEIBARE KUNSMIS

Bakgat logo Afrikaans

BakgatTM is TRIOMF se nuwe direkte energie drankie. Dit bevat as ‘n blaarbespuiting, al die toniese bestandele en verskeie mikro-elemente wat die plant se groeipotensiaal te verhoog. Fosfaat voorsien energie, magnesium versterk die plant se “fabriek” as die kern van chlorofil en met veel hoër vlakke van kalium as ander produkte, kan ons sê dat die plant se ‘turbo’ aangehelp word.

 
BAKGAT BREËBLAAR

Bakgat Breëblaar is TRIOMF se gespesialiseerde blaarvoeding, spsifiek ontwikkel vir breëblaargewasse soos sojabona, grondbone en peulplante. Bakgat Breëblaar bevat stikstof, fosfaat, kalium, magnesium, swael en verskeie mikronutriënte. Die rol van fosfaat is om energie te verskaf aan die groeiende plant. Kalium hou verband met die beweging van water, voedingstowwe en koolhidrate in die plant, wat vroeë groei stimuleer, proteien produksie verhoog en sorg vir maksimum waterverbruik en verhoog weerstand teen insekte en siekte.

BakgatTM en Bakgat Breëblaar bevat aminosuur bestanddele soos fulvien- en humus sure, ensieme en super-gekonsentreerde mikrovoedingstowwe (yster, koper, sink, mangaan, boor, molibdeen) om ensiem produksie, proteiensintese, chlorofil produksie en groeireguleerders te promofeer, asook die ontwikkeling en bevordering van nuwe selle en wortels en die aktivering van nitraatreduktase. Bakgat Breëblaar bevat ook kobalt saam met algemene aminosure en mikrovoedingstowwe in BakgatTM

Triomf SA Mushe Maize logo

Mushe Maize is ontwikkel deur TRIOMF as ‘n gewas-spesifieke blaarvoeding, om die unieke behoeftes van die mielieplant te akkommodeer.

Deur alle toniese bestanddele van TRIOMF se BakgatTM blaarvoedings as die basis formulering te neem vir Mushe Maize, kan produsente verseker wees van die beste geteikende plant verryking.

Stikstof, fosfaat, kalium, magnesium, kalsium, swael en verskeie mikro-elemente span saam om die lant tot sy maksium groeipotensiaal te neem. Met fosfaat wat energie verskaf, magnesium om die plant te versterk en hoë vlakke van kalium, is die plant nou aangejaag.

Amino-bestanddele soos fulviensuur, humus suur, ensieme en-super gekonstertreerde mikro elemente (kobalt nkkel en selenium) verbeter wortel ontwikkeling in die mielieplant en verdedig die plant teen eksterne stressors.

Met TRIOMF Mushe Maize, is die mielieplant sterk en goed gevoed met ‘n intense gesonde voorkoms, gereed om die beste in die produksie en opbrengs te bied.

download flyer afr

download catalogue eng

ts cs eng

TRIOMF Kunsmis is 'n trotse lid van

fertasa

IN HIERDIE AFDELING