Triomf SA Speciality fertilizer cover image

|||

SPESIALITEITE

Triple10 logo

BLAAR SPESIALITEIT

Tripple TenTM (10:10:10) kombineer die beste van konvensionele insette met toonaangewende organiese tegnologie om 'n unieke hoë produksie opsie vir beide vrugte en groente produsente asook ekstensiewe boere te lewer. Die ontwikkelaars van Tripple TenTM (Nutri-Tech Solutions – NTS) promoveer 'n benadering wat hulle noem “Fusion Fertilizing”, waar die prestasie en volhoubaarheid van N-P-K en spoorelement mengsels dramaties verhoog word deur 'n organeise element by te voeg.

Natuurlike chelasie en die gebruik van 'n koolstofbuffer is twee van die prosesse wat gebruik word in die “verryking” van die N-P-K komponente. Die N-P-K komponente in die Trippel Tien formulasie word verkry van 'n “hot mix” N-P-K. Die “hot mix” N-P-K word vervaardig deur n spesiale proses wat ontwikkel is deur NTS. Drie onvereenselwigbare N-P-K konsentrate word gemeng en in die proses ontstaan 'n baie hewige chemiese reaksie. Die fussie genereer ekstreme hoë temperature wat die mengsel vir tot 2 dae kan laat “kook”.

Wanneer die oplossing terugkeer tot sy normale temperatuur het daar uit die drie bestandele 'n nuwe chemiese verbinding ontstaan. Hierdie kragtige nuwe N-P-K bevat lae natrium vlakke, het 'n neutrale pH en is nie-bytend. Die negatiewe eienskappe van die aanvangsmaterial is nie meer teenwoordig nie maar hulle belangrike positiewe eienskappe bly steeds: Plant groei word bevoordeel deur die energie wat vrygestel word deur die kunsmis in plaas van die kunsmis as sulks.

Die skoon, kragtige N-P-K chemiese komponent word gekomplementeer deur die toegvoeging van n volledige reeks cheleerde spoor elemente. Die hoë kwaliteit N-P-K/spoorelement basis word dan gebruik om 'n totale nuwe kunsmis te skep, wat natuurlike groeistimulante, mikro-organismes, aminosure, ensieme, proteïen, colloïdale minerale en vitamine bevat.

Natuurlike groei promofeerders, ensieme, breë-spectrum spoorelemente, amino sure, vitamienes en mikro-organismes, alles komponente van Tripple TenTM wat benodig word vir gewaskwaliteit en maksimum opbrengs.

tri amino logo

GEBALANSEERDE VOEDING

Die hoë prestasie, vinnig vrystellende kalium / aminosuur kombineer die voedingswaarde en vinnige plantopname vermoë vir 'n onmiddelike resultaat in gewasse wat onder spanning verkeer en bied ook 'n hupstoot effek op die groei en ontwikkeling van die plant.

Tri-AminoTM is 'n heeltemal organiese, hoë koolstof, hoë-brix plant ekstrak. Die samestelling asook die perfekte verhoudings van al die noodsaaklike plant voedingstowwe maak dit die perfekte vennoot saam met alle anorganiese (hoë sout indeks) kunsmis, met die hoë humiensuur inhoud wat optree as 'n ideale buffer. ‘n Gebalanseerde bemestingsprogram vir enige gewas sal chemiese, fisiese en biologiese aspekte van die grond in ag neem. Van die drie is die biologiese komponent die een wat geskiedkundig die mees verwaarloosde was en is dan ook die een wat die beste aangespreek word met Tri-AminoTM, veral as in ag geneem word dat dit 19 aminosure insluit.

Tri-AminoTM kan gebruik word as 'n volledige kunsmis. Van al die spoor elemente – waarvan baie klein hoeveelhede benodig word – word silikon (Si) beskou as hoog en beskikbaar in plante. Kunsmis voer die plante terwyl

Tri-AminoTM die grond voed wat dan altwee ewe noodsaaklik is vir lewensvatbare en volhoubare gewas verbouing. 'n Mens kan sê dat Tri-AminoTM dien as 'n versterker vir plantenergie, veral gedurende die gewas se voortplantingstadium. Wanneer dit kom by mielies, koring, soja en grondbone, help blaarbespuiting om weerstand op te bou teen siektes en versterk opbrengste tydens die reproduktiewe fase.

download flyer fr

MicrosZ logo

IDEALE AANVULLING

Mikro ZTM is 'n eenvoudige produk wat meestal komplimentêr gebruik word saam met ander vloeibare kunsmis produkte. Dit word saamgestel uit hoë vlakke van 'n verskeidenheid anorganiese spoor elemente en sal gewoonlik saam met ander produkte aangewend word in volumes soos deur die gewas spesifieke vereistes bepaal word.

Die toediening as 'n vloeibare behandeling in die plant slootjie is noodsaaklik as die sink konsentrasie teen 50 000 dpm in ag geneem word. sink en mielies gaan hand aan hand en Mikro ZTM kan die plant help om die geinduseerde mangaan en sink tekort na 'n glifosaat bespuiting reg te stel.

‘n Ander belangrike gebruik is die deurgaanse aanwending as blaarbespuiting van pekanneutebome in die seisoen om die pekanneut se natuurlike sink tekort te bekamp. Tesame kan Tri-AminoTM en LAPPTM in perfekte sinergie saamwerk. Die samestelling van die mikro-elemente bevorder plant gesondheid as gevolg van die versterkende eienskappe van mangaan, koper en sink in die strud teen swaminfeksies.

Dit dra ook by tot die funksionering van die nodules op die wortels van peulplante aangesien die elemente kobalt en molibdeen daarin voorkom. Dit dui weereens op die belangrikheid van 'n plant slootjie toediening wat dan later opgevolg word met twee blaar bespuitings gedurende die seisoen.

Dynamo logo 

AANVANGS VOEDING

Reg. No: B4802

DynamoTM is 'n gekonsentreerde suspensie wat ideaal is vir grond en blaar aanwending, uniek ontwerp om ontkieming te versnel en die saailing te versterk, wat dit uniek maak in sy soort. DynamoTM verseker vinnige en egalige ontkieming en bevorder sterk wortelontwikkeling, wat die plantjie toerus vir verhoogde weerstand teen omgewingstress en siektes. DynamoTM bevat elemente wat kritiek is vir die vestiging van rhizobium bakterië wat stikstof bind. Mikro-elemente soos boor en silicon asook vitamiene, humate en aminosure dien as verlengde voeding vir die saailing voor opkoms. Ongeewenaarde resultate is verkry deur kliniese toetse wat bewys dat DynamoTM die beste aanvangsgroei bevorderaar en wortelontwikkelings produk beskikbaar is in die mark.

Met die gebruik van 'n aanvangsgroei bevorderaar soos DynamoTM sal die jong en volwasse plant minder konvensionele bemesting benodig. ‘n Groei ondersteunings produk wat in Suid Afrika ontwikkel is, wanneer dit in die plantvoor toegedien word, sal kragtige saailing vestiging aanwakker en ondersteun. Die gebruik van DynamoTM kan ook die nodigheid om te herplant, as gevolg van ongunstige omstandighede wat lei tot 'n swak toe stand, minimaliseer. In gebiede waar wind gereeld skade veroorsaak, veral op jong plantjies, sal die gebruik van DynamoTM vinnige en gesonde groei verseker in die vroeë groei stadium.

Liquid Lime logo

GROND VOORBEREIDING

Reg. No: B4806

Liquid LimeTM is ‘n voor-plant grond voorbereidingsproduk wat grond kwaliteit en grond gesondheid bevorder en verbeter. Liquid LimeTM is maklik om direk aan die plantstrook toe te dien. Die toediening van Liquid LimeTM is noodsaaklik om ‘n suksesvolle plant siklus te vestig.

Eienskappe en voordele van Liquid LimeTM:

  • Liquid LimeTM is ‘n super mikro-fyn kalsium karbonaat suspensie
  • Liquid LimeTM word vervaardig van hoë suiwerheid wit marmer (kalksteen)
  • Liquid LimeTM bevat ‘n gepaste biologiese doder
  • Liquid LimeTM is ‘n kolloïdale suspensie
  • Liquid LimeTM is ‘n reaktiewe stof
  • Liquid LimeTM versprei hoogs effektief in die grond as gevolg van sy kolloïdale eienskappe
  • Liquid LimeTM het ‘n 100% natuurlike hars suspensie tempo
  • Liquid LimeTM het ‘n 100% onmiddelike doeltreffendheid om die bo-grond pH in die plantstrook te neutraliseer
  • Liquid LimeTM se intensiteits faktor is 100%

Liquid LimeTMis ‘n kalksteen suspensie wat dien as ‘n veeldoelige toedieningsproduk. Die kalsiumkarbonaat component is super-fyn en beteken vinnige reaksie met geteikende toediending. Liquid LimeTM kan gebruik word as ‘n grond- of blaar toediening. Kalsium word in groot hoeveelhede in die grond benodig. Daarom sal Liquid LimeTM in die geval van ‘n kalsium tekort in die grond regstel. In die geval dat kalsium opname beperk is deur faktore soos lae pH, suur gronde of onbehoorlike voedingstof opname, sal Liquid LimeTM weereens kan intree om die robleem aan te spreek.

 

Liquid LimeTM verseker hoogs reaktiewe kalsium toediening wanneer dit as grond voorbereiding gebruik word as gevolg van mikro-fyn partikel grootte, hoë neutralisasie vermoë en ‘n hoë sesifieke massa. As gevolg hiervan sal die pH in die grond verhoog in die onmiddelike omgewing van die plantvoeding sal verhoog word. Liquid LimeTM is baie glad, en maklik om te hanteer en suspendeer maklik in water, wat beteken dat dit goed geskik is vir kalsium voeding asbblaarbespuiting. Uit ‘n plantvoeding oogpunt, tref Liquid LimeTM die teiken.

download flyer afr

download catalogue afr

ts cs afr

TRIOMF Kunsmis is 'n trotse lid van

fertasa