Triomf SA granular cover image

|||

KORRELKUNSMIS

Triomf SA NitreX logo

DIE ROOI KUNSMIS

Reg. No: K9484

NitreXTM is ‘n verstommende stikstof-gebasseerde korrelkunsmis, gekenmerk deur sy unieke rooi voorkos. NitreXTM is anders as ander ureum rodute, as gevolg van sy sesifieke eienskape wat verband hou met urease en nitrfikasie. Die uiters akkurate eienskappe van NitreXTM bevorder uitstekende en doeltreffende verspreiding en opname van stikstof.

 
Wat is die tekortkominge van ureum?
  • Ureum is by verre die mees algemeenste bron van stikstof wat wêreldwyd gebruik word in N-gebaseerde kunsmisprodukte
  • Ureum skakel baie vinnig om na die verskillende ammonium-vorms sodra dit in kontak kom met die grond
  • Meeste grondbakterië, fungi, alge ens. bevat die ensiem urease
 
Watter voordele bring NitreXTM dus bo ureum?
  1. NitreXTM- die rooi kunsmis - bevat ‘n urease inhibeerder wat verhoed dat die totale hoeveelheid ureum nie gelyktydig omgeskakel word in die NH3- gas fase nie, van waar dit nie vervlugtend kan wees nie. Stikstofverliese word dus beperk en NitreXTM is geskik vir oppervlak-uitstrooiing. Die ureum word nie gelyktydig omgeskakel na NH3 nie, wat die ureum dus kans gee om in die grond te beweeg en dan teen ‘n laer konsentrasie na NH3 om te skakel van waar dit nie vervlugtend kan wees nie
  2. NitreXTM - die rooi kunsmis - bevat ‘n nitrifikasie inhibeerder. Dus word die omskakeling van NH4+ na NO2- en NO3- onderdruk. Die vrystelling van nitraat gebeur dus meer gekontroleerd en minder loging van N is die gevolg
  3. Die hoë N-konsentrasie beteken dat daar ‘n noemenswaardige verskil is in die prys/kg van N ten gunste van NitreXTM wanneer dit met ander N-kunsmisbronne vergelyk word
  • Urease is verantwoordelik vir die omskakeling van ureum na ammoniakgas
  • Ammoniakgas skakel dan om na ammonium
  • Ureum wat op die grondoppervlak gestrooi word sonder onmiddelike benatting soos reën / besproeïng, vervlug in die vorm van ammoniakgas (NH3)
 
Hoe word ‘n fantastiese produk nog beter?
NitreX-STM [1:0:0 (36) + 10% S]
  • Vinnig beskikbare N in die NH4+ vorm
  • Voordeel van urease inhibeerder
  • Voordeel van nitrifikasie inhibeerder
  • Hoë swawel konsentrasie
Toepassing NitreXTM en NitreX-STM
  • Pre-plant en preplant mengsels
  • Top-bemestingsmengsels
  • Behoefte spesifieke plantermengsels
  • Uitstrooi moontlikheid (weidings)

Triomf SA NitreX Sketch

download flyer afr

 

Triomf SA Politain Logo

ORGANIESE DEKLAAG

Reg. No: K9485

PolitanTM bevat ‘n uiters gesofistikeerde, gebalanseerde, hoofsaaklik organiese deklaag wat met presisie rondom die individuele ureum korrel aangewend word.

Die doeltreffende gebruik van PolitanTM lei tot meer effektiewe stikstof-opname en stikstof-gebruik deur die plant met minder energie verbruik.

 
The spesifieke werking van PolitanTM sluit in:
  • pH-stabilisering van die grond
  • Verbetering van grondvog inhoud en waterretensie vermoë
  • Beperk loging van nitraat
  • Bevordering van mikrobiese lewe vir gesonde grond
  • Omskakeling van grond voedingstowwe vir plant opname
  • Bespoedig ontkieming
  • Verbeter wortelgroei en -struktuur
  • Optimaliseer plantgroei en bring ‘n groter opbrengs mee
Toepassings van PolitanTM:
  • Pre-plant en plantmengsels
  • Behoefte-spesifieke planter mengsels

Triomf SA Politain Sketch

download flyer afr

 

lapp logo

SUPER FOSFAAT

Reg. No: K9366

LAPPTM is n gekonsentreerde ammonium polifosfaat oplossing wat as n aanvangs bemesting en/of blaarvoeding aangewend kan word wat die gebruik van ander fosfaat bemestings vervang, insluitende korrel mengsels.

LAPPTM verseker snel en uitmuntende wortel ontwikkeling en verspreiding wat optimum nutrient opname en egalige groei tot gevolg het. Die aawendings gemak van die Hoë prestasie kunsmis maak dit n koste effektiewe alternatief vir konvensionele korrel kunsmis.

Met die Hupstoot effek wat aan die groeiende plant verskaf word deur LAPPTM kan die produsent uitsien na n aanplanting met uitstekende opbrengs.

 

Triomf SA NitroPlus logo

  • NitroPlus is Suid-Afrika se eerste WARE homogene eenkorrel-kunsmis
  • Hierdie merkwaardige en totale samestelling van Stikstof (N), Fosfor (P), Kalium (K) en ander elemente is ‘n eerste-van-sy-soort nou beskikbaar gestel deur TRIOMF Kunsmis
  • Die NitroPlus enkel-korrel is perfek-rond met gebalanseerde hardheid wat op-tyd sy elemente vrystel
  • NitroPlus bevat presiese kombinasies van spesifiek-geformuleerde NPK en ander elemente en mikro-elemente
  • Die samestelling van die NitroPlus eenkorrel is HOMOGEEN, dus is alle bestandele totaal vermeng en versprei en word saamgevat in ELKE korrel
  • Al die baanbreker tegnologie van TRIOMF Kunsmis se produkte word vervat in NitroPlus
  • Unieke formulasies van NitroPlus kan vervaardig word volgens grond- en plantbehoeftes

NitroPlus is ook eersdaags in verskeie pasklaar kombinasies beskikbaar:

nitroplus 1

Die 1ste WARE een korrel kunsmis in Suid Afrika

Die 1ste alles in een Formule

Die 1ste van sy soort

Die 1 vir jou

Kliek hier om die toegewyde NitroPlus bladsy te besoek: http://nitroplus.triomfsa.co.za

nitroplus emerald logo

nitroplus pearl logo

nitroplus topaz logo

nitroplus coral logo

nitroplus diamond logo

 

nitrolus info afr

download flyer afr

 

download catalogue afr

ts cs eng

TRIOMF Kunsmis is 'n trotse lid van

fertasa

IN HIERDIE AFDELING